Gesondheid 8 November 2023

Het jy geweet ’n narkosemiddel is eintlik ’n pakket van middels wat jou aan die slaap maak, jou pyn verlig en jou spiere verslap sodat jy nie kan beweeg tydens ’n delikate operasie nie? Wat monitor die narkotiseur voortdurend by die kop van die pasiënt? Hoe weet die narkotiseur om meer of minder narkosemiddels toe te dien? En kan die pasiënt dalk wakker word op die teatertafel?

Geestesgesondheid 7 November 2023

Johan van Lill praat met dr. Elzette Fritz oor hoe om lig te skep in tye van swaarkry. Hoe hanteer ek swaar tye? Hoe kan ek “ligtyd” in sulke tye vir my gesin, vriende en familie skep sodat alles nie net oor die swaarkry gaan nie?

Vers en klank 7 November 2023

Ter viering van die Bokke se Wêreldbekeroorwinning, luister ons na gedigte oor sport. Die voorleser is Waldemar Schultz.

Regsake 6 November 2023

Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsvraag oor ‘n familielid wat geld geleen het, en dit nie betaal nie. Hy bespreek ook ‘n brief van ‘n regstudent wat verband hou met wat prokureurs, advokate en regters verdien. Strafregkenner dr. Llewelyn Curlewis bespreek een van die wêreld se grootste probleme, dwelmisbruik.

Sterre en planete 5 November 2023

Prof. Heino Falcke is die eerste astrofisikus wat ‘n gravitasiekolk “afgeneem” het. Hy is verbonde aan die Radboud Universiteit in Nijmegen, Nederland, en die Max Planck Instituut in Bonn. Hy verduidelik hoe dit gedoen is. Die Parker sonsatelliet is in 2018 gelanseer, en is tans in ‘n eliptiese baan om die son teen ‘n snelheid van 636 266 k/h. Jim Adams praat oor die sending en of die satelliet sy sneheid sal verhoog.

Leefwêreld van die gestremde 5 November 2023

Fanie du Toit hoor van intellektuele beperkinge, en ‘n ouerpaar se aanvaarding van ‘n kind wat meer is as sy beperkinge. Jacqui January het meer gaan uitvind oor die nasionale dowe krieketspan, wat Suid-Afrika eersdaags by die krieketwêreldbeker vir dowes sal verteenwoordig.

Rand en sent 5 November 2023

Themla Bestbier van die Staatsdienspensioenfonds praat oor die aktuariële belangefaktore wat gebruik word om die aktuariële rentevoordele te bepaal, wat die waarde van ‘n lid se voordeel in die fonds verteenwoordig.