Igna Klynsmith bespreek diplomatieke immuniteit, en die misbruik daarvan. Hy praat ook oor ‘n interessante saak in die VSA waar Google Maps ‘n man in ‘n rivier in genavigeer het. Igna bespreek ook ‘n saak wat handel oor ‘n huurkontrak tussen ‘n slaghuis en ‘n verhuurder, wat nie nagekom kan word nie. Spesialisgas dr. Llewelyn Curlewis praat verder oor dwelmmisbruik.
Kommentaar 12 November 2023
‘n In-diepte ontleding van die week se belangrikste nuusgebeure.
Sterre en planete 12 November 2023
Stefan Lotz van Sansa praat oor berigte dat die sonsiklusse verkeerd bereken is. Die Marskarretjie, Curiosity, het nou al 4 000 Marsdae op die rooi planeet deurgebring. Die eerste digitale planetaruim in Bloemfontein is vanjaar 10 jaar oud. Is die kleur van auroras altyd groen?
Leefwêreld van die gestremde 12 November 2023
Suster Sandré Jordaan, ’n skoolverpleegkundige, is ma van ‘n tweeling met serebraal gestremdhede. Sy vertel hoe die tekort aan geleenthede vir jongmense met liggaamlike gestremdhede in Suid-Afrika hulle gesin raak. Ons hoor ook van die uitdagings wat sy as ma ervaar. Hoe ontwikkel ‘n ouer die identiteit en gesonde selfbeeld van jou kinders met gestremdhede in ‘n ontoeganklike samelewing? Hanelie Degenaar is ’n spraak- en taalterapeut by die Sentrum vir Gesondheid en Menslike Prestasie by die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom. Sy is die organiseerders van die jaarlikse nasionale Outisme-simposium. Sy vertel wat alles by die simposium gebeur.
Rand en sent 12 November 2023
Die Staatsdienspensioenfonds word jaarliks gekonfronteer met vrae oor bonusse vir pensioenarisse, belasting op pensioen, lewensertifisering, en om die koopkrag van lede ongeskonde te hou.
Ons en die onderwys 12 November 2023
Johan van Lill praat met dr. Celia Booyse oor onderrigstrategieë met die brein in gedagte. Hulle kyk na die belangrikheid van taal in leer, uitvoerende funksies en waartoe dit leerders in staat kan stel.
Met raad en daad 12 November 2023
Arehan Brand praat met Jacques Jansen van die Onafhanklike Verkiesingskommissie oor wat die onlangse gewysigings aan die Kieswet behels, en hoe dit aanstaande jaar se nasionale en provinsiale verkiesings raak.
Hoe verklaar jy dit? 12 November 2023
Hoekom gee koue temperature jou verkoue? Het Suid-Afrika buideldiere? Hoekom is die volledige metamorfose van sekere insekte so ingewikkeld?
Taaldinge 12 November 2023
Luisteraars se taalnavrae word beantwoord. Wat is goeie Afrikaans vir hardeware en sagteware van ‘n rekenaar? Wat is ‘n ewenaarsvoor? Waar kom die woord bykans vandaan? Hoekom is dit verkeerd om te sê “die wedstryd was gespeel”? Alet Cloete en Gerda Odendaal van die WAT is saam met Ina Strydom in die ateljee.
Oggenddiens 12 November 2023
Ds. Michelle Jacobs-Smith, tentmaker-leraar van Vredelust Gemeente in Boston. Bellville, en ook betrokke by Gevangenis Bediening by Goodwood Gevangenis.