Juanita du Plessis deel ‘n resep vir hoender in blatjang en lemoensous.
4×4-Sake 18 November 2023
Francois 4×4 Rossouw waarsku mense wat sleepwaentjies het, om nie onbepland enige roete aan te pak nie.
Wie is ek? 17 November 2023
Word jy maklik kwaad? Só kwaad dat ander mense jou gereeld vra hoekom jy buite beheer raak? Vind meer uit oor afwisselende eksplosiewe versteuring. Dis wanneer ‘n persoon se woede gediagnoseer kan word as ‘n versteuring. Wat staan die individu en geliefdes te doen?
Wie is ek? 17 November 2023
Word jy maklik kwaad? Só kwaad dat ander mense jou gereeld vra hoekom jy buite beheer raak? Vind meer uit oor afwisselende eksplosiewe versteuring. Dis wanneer ‘n persoon se woede gediagnoseer kan word as ‘n versteuring. Wat staan die individu en geliefdes te doen?
Ikra 17 November 2023
‘n Gewyde boodskap vir RSG se Moslemluisteraars.
Islam in fokus 16 November 2023
‘n Besprekingsprogram oor Islam en die Koran.
LANK LEWE DIE KEISER deur Maria Vos
‘n Groepie akteurs repeteer aan ‘n moderne weergawe van Shakespeare se Julius Caesar. Die veeleisende regisseur blyk baie ongewild te wees, en wanneer daar boonop ‘n kragonderbreking is, begin die poppe dans. Die spelers is Wessel Pretorius, Roeline Daneel, Anrich Herbst, Hannah Borthwick, Marion Holm, Adriaan Havenga en Ira Blanckenberg.
Groeipyne 16 November 2023
Wanneer is die regte tyd vir potjie-afrigting (potty training), en waar begin ‘n mens? Die vroeë kinderontwikkelingspesialis, Yolandi van den Heever, gee raad.
Skrywers en boeke 15 November 2023
Chris Vorster gesels oor sy biografie van die akteur Marius Weyers, bloot getiteld MARIUS WEYERS. Morné Malan, skrywer van MINDER AS WATER, praat oor sy jongste boek en sy benadering tot skryfwerk. Johan Myburg het nuus oor ‘n kinderboek wat oorlog vir kinders verduidelik, asook die Festival voor Het Afrikaans in Den Haag. Hy kyk ook na die werk van WB Yeats, wat ‘n eeu gelede met die Nobelprys vir Letterkunde bekroon is.
Gesondheid 15 November 2023
Wat is bewuste sedasie? Hoe verskil ’n epidurale verdowing van ’n spinale verdowing? Wanneer is ’n pynblok voldoende?