Sterre en planete 19 November 2023

Hoeveel sterre is daar in die hemelruim, en hoe word hulle getel? Dis ‘n tergende vraag want die hemelruim is net so groot soos ons kennisvlak strek. Die span praat oor die maniere hoe die berekening gedoen word. Daar is ook inligting oor suurstof wat op ons warm buurplaneet, Venus, waargeneem is.

Leefwêreld van die gestremde 19 November 2023

Lizzy Arends kan net tussen lig en donker onderskei. Sy is ’n professionele masseuse, en gee waardevolle wenke oor hoe om teenoor mense met sigverlies op te tree. Vicki Fourie, ‘n voormalige Mej Dowe SA, praat oor die wonder van kogliêre inplantings, haar drome en hoe sy ander dowes bemagtig.

Rand en sent 19 November 2023

Tracy Peters van die Staatsdienspensioenfonds verduidelik hoe die GEPF sy goeie finansiële prestasie oor die jare bestuur het, en hoe die fonds sy veerkragtigheid behou het, selfs tydens moeilike ekonomiese toestande.

Ons en die onderwys 19 November 2023

Johan van Lill praat met Jannie van der Westhuizen, oudskoolhoof en onderwyskonsultant, oor hoe onderwysleiers ouerverwagtinge kan bestuur. Hoe kan die verhouding tussen die ouers en die skool gesond en konstruktief bestuur word?

Hoe verklaar jy dit? 19 November 2023

Kan ‘n skokgolf lig maak wat deur die liggrens kan breek? Wie leef langer: diere in gevangenis of wilde diere? Hoekom is dit dat ons nooit dooie voëltjies sien rondlê nie?

Taaldinge 19 November 2023

Die Afrikaanse Onderwysnetwerk het onlangs ‘n beraad gehou oor die stand van Afrikaanse onderwys, waar hulle op bepaalde fokusgebiede besluit het. Die bestuurshoof van die AON, Daan Potgieter, vertel vir Ina Strydom wat die fokusgebiede is, en wat die pad vorentoe is.

Kiskenades – Episode 85

Die speelgoed van die speelgoedkis hou ‘n vasvrawedstryd saam met Alicia. Alicia vra die vrae, en hulle moet antwoord. Ongelukkig kan daar net een wenner wees.