‘n Besprekingsprogram oor Islam en die Koran.
VOOR EK VERGEET deur Karen Marx
Hendrien moet skuif van haar woonstel, na ‘n kamer in die aftreeoord waar sy bly. Sy is gediagnoseer met vroeë tekens van demensie. Daarby het haar pragkind, haar talentvolle seun Johan, se kanker teruggekeer. Hierdie is ‘n storie van oudword, afskaal, twyfel, verlies en vergeet. Amanda Strydom en Hannes van Wyk, wat destyds die rolle vertolk het in die verhoogproduksie, kan in hierdie drama gehoor word. Die ander akteurs is Dawid Minnaar, Nadia Valvekens en Eddie de Jager.
Groeipyne 23 November 2023
Ons fokus weer op sensoriese integrasiedisfunksie, en gesels met die ma van ‘n seuntjie wat op tweejarige ouderdom gediagnoseer is. Die historikus en biograaf, Lindie Koorts, deel hulle persoonlike reis met ons.
Skrywers en boeke 22 November 2023
Digter, skrywer en resensent Daniel Hugo gesels oor sy boek, VERS EN KAPITTEL 2, en ook oor ‘n paar boeke wat hy kan aanbeveel. Deborah Steinmair, Vrye Weekblad se boekeredakteur, het ook ‘n paar aanbevelings. In sy internasionale bydrae gesels Johan Myburg oor die belang van oudioboeke, ‘n Franse letterkundeprys vir die Suid-Koreaanse skrywer Han Kang, en nuwe boeke uit die pen van Sigrid Nunez en Michael Cunningham.
Gesondheid 22 November 2023
Retinitis pigmentosum, nierversaking, nieroorplantings, bipolêre gemoedsversteuring, boeliegedrag, die uitwerking van diereslagting op die slagter se gemoed. Kom vind uit hoe al dié aspekte verweef is. Mari Hudson gesels met ’n gesin van Malmesbury.
Geestesgesondheid 21 November 2023
Johan van Lill praat verder met dr. Chris van den Berg oor mans se geestesgesondheid. Hulle fokus op post-traumatiese stresversteuring. Wat veroorsaak dit? Hoe word dit behandel?
Kortom 21 November 2023
Amore Bekker lees stories wat deur RSG-luisteraars geskryf is. Dit kom uit die bundel, EK HET ‘N ENGEL GESIEN.
Vers en klank 21 November 2023
Nicole Holm lees gedigte oor tuine.
Doen jou eie ding 21 November 2023
Ryk van Niekerk praat met dr. Morne Mostert, strategiese toekomsadviseur by die Stellenbosch Bestuurskool en stigter van Mindset Index, oor entrepreneurskap in die toekoms en die belangrikheid van kreatiwiteit vir die skep van alternatiewe toekomste.
Opskud 20 November 2023
Die wolf en die sewe klein bokkies.