Die gemmerbroodmannetjie.
Wie is ek? 1 Desember 2023
Om alleen te wees, beteken nie noodwendig jy is eensaam nie, maar om mense om jou te hê beteken ook nie jy is nie eensaam nie. Diegene wat eensaamheid ervaar moet na hierdie episode luister, waar daar advies gegee word aan diegene wat niemand het nie, en diê wat wel mense om hulle het, maar eensaam voel.
Ikra 1 Desember 2023
‘n Gewyde boodskap vir RSG se Moslemluisteraars.
Islam in fokus 30 November 2023
‘n Besprekingsprogram oor Islam en die Koran.
GELDJIE ASSEBLIEF deur Casper Lourens en Henry Jacobs
“Ek is maar net ‘n inconvenience by die verkeerslig,”
‘n Lewe op straat is alles behalwe maklik. Dries, Koos en Fridge, is drie boemelaars wat op straat agter die winkelsentrum woon en hul daaglikse bestaan maak. Hulle word ondersteun deur die kerk met ‘n broodjie so nou en dan en die dominee wat af en toe kom inloer. Maar hierdie goedhartigheid van die dominee kom teen ‘n prys…
Groeipyne 30 November 2023
In hierdie week se Groeipyne fokus ons op neuro-diversiteit en veral kinders met outisme. Arbeidsterapeut Armandi Kotze deel haar insigte en gee raad.
Skrywers en boeke 29 November 2023
Wium van Zyl gesels met Ilse Salzwedel oor sy vertaling van die klassieke werk 1001 Nagte. Alita Steenkamp, ‘n joernalis, vertel van die jeugroman, DEUR DIE VUUR. In Johan Myburg se internasionale bydrae het hy nuus oor ‘n bekroning vir komediant Bob Mortimer se roman THE SATSUMA COMPLEX, en die finaliste van die nuwe Nero-romanpryse. Johan vertel ook meer oor die baie bekende Britse skrywer, AS Byatt, wat onlangs oorlede is.
Gesondheid 29 November 2023
Hoe het die nieroorplanting waaroor ons verlede week gewag het, afgeloop? Mari Hudson gesels met die nier ontvanger Elna Durr en haar nierskenker Allison Griffiths, en ook met die ontvanger Pieter-Jans Durr en sy skenker.
Geestesgesondheid 28 November 2023
In Geestesgesondheid gesels Johan van Lill met Lizette Volkwyn oor kwesbaarheid. Lizette is ‘n lewensafrigter wat in 2023 besluit het om haar kwesbaarheid aan te spreek deur iets aan te pak wat sy altyd gedink het sy kan nie doen nie en dis om voor mense te sing. Sy vertel vir ons van die pad wat sy gestap het om haar eie kwesbaarheid te oorkom.
Kortom 28 November 2023
Amoré Bekker lees sy Marlene Malan se storie, DIE DOOD IS ON SSTORIE.