Sterre en planete 3 Desember 2023

Jim Adams van die VSA en vorige tegniese hoof van Nasa is Sondagaand die gas in Sterre en Planete. Hy gesels oor ‘n interessante samewerkingsprojek wat binnekort tussen Suid-Afrika en die VSA van stapel gestuur word.

Leefwêreld van die gestremde 3 Desember 2023

3 Desember is Internasionale dag vir persone met gestremdhede. Fanie du Toit hoor van die uitdagings wat kinders met gestremdhede in die Noord-kaap mee te kampe het. Is die insluiting van kinders met gestremdhede in hoofstroom skole ‘n realistiese beleid om te volg?

Rand en sent 3 Desember 2023

Hierdie week kyk Jody na wat die GEPF se algehele prestasie in die boekjaar 2022 – 2023 was. Netto beleggingsinkomste vir die jaar het R82,2 miljard beloop. Die positiewe prestasie kan hoofsaaklik toegeskryf word aan onder andere waardevermindering van die plaaslike geldeenheid.

Ons en die onderwys 3 Desember 2023

Hierdie week in Ons en die Onderwys gesels Johan van Lill met Jannie van der Westhuizen oor  al die dinge wat aan die einde van die skooljaar afgehandel moet word voordat die skool sluit vir die somervakansie.

Taaldinge 3 Desember 2023

Die Afrikaanse Taalraad het met ‘n unieke projek in Macassar in die Wes-Kaap begin om Afrikaanse onderwys, en die belang van moedertaalonderwys en meertaligheid te beklemtoon. Dr Conrad Steenkamp en Ria Olivier van die ATR en Dr. Charles Flaendorp van die VGK -gemeente in die dorp vertel vir Ina Strydom hiervan.

Kiskenades – Episode 87

Sewejarige Jerome ontdek ‘n kis vol speelgoed. Hierdie interessante skatkis neem hom onder andere na die wêreld van dinosourusse en hy ontmoet ‘n kraai en ‘n donkie wat kan praat! Sy verbeelding kry vrye teuels, en tussendeur leer hy hoe om te tel en te spel.

4×4-sake 02 Desember 2023

Hoe pak ‘n mens in vir jou eerste 4×4 rit?  Johan Rademan het met Francois4x4Rossouw hieroor gepols.