Sterre en planete 10 Desember 2023

Stefan Lotz van die Suid-Afrikaanse ruimte agentskap is elke tweede Sondag van die maand ‘n gas op Sterre en Planete.  Hy praat Sondagaand oor ‘n baie aktiewe son.  Aurora’s kom nie net op aarde voor nie maar ook by ander planete sê Stefan.

Leefwêreld van die gestremde 10 Desember 2023

Ons het sterk gefokus op die regte van mense met gestremdhede in November maand. En op die 3de Desember het ons Internasionale Dag vir Persone met Gestremdhede gevier. Die ope vraag is: wag rolspelers nou tot volgende jaar om dan weer die regte van mense met gestremdhede aan te spreek –  wat  gebeur intussen mbt redelike akkommodasie van mense met gestremdhede daagliks?  Die Vereniging vir Persone met Gestremdhede in die Wes-kaap lig ons is en gee praktiese idees om voort te bou tov die regte en hulp aan mense met gestremdhede. Kersfees is om die draai! En geskenke word o.a. met kersfees geassosieer. Daar is baie lesse te leer oor die keuses wanneer ons geskenke koop en uit die geskenke kan ook waardevolle lesse spruit. Die bekende Barbie pop het ook nou “’n sussie” met Down Sindroom – hoe word die down sindroom pop ontvang en wat is die doelwit daarmee.

Rand en sent 10 Desember 2023

In hierdie bespreking kyk Jody na die uitdagings wat entrepreneurs in die gesig staar en hoor by Dr Willie Cilliers voorsitter van die AHI wat die kleinsakesektor kan doen om volhoubaar te bly.

Ons en die onderwys 10 Desember 2023

Hierdie week in Ons en die Onderwys gesels Johan van Lill met prof Jannie le Roux wat vir ons wenke gee oor hoe om die onderwysjaar op ‘n emosionele en geestelike vlak af te sluit. Hoe reflekteer ek op die onderwysjaar wat verby is.

Hoe verklaar jy dit? 10 Desember 2023

Hoe kan ‘n spieël ‘n voorwerp agter ‘n stuk papier sien?  Hoe weet die spieël die voorwerp is daar? En, indien dit sou gebeur dat muskiete wat Malaria dra die wêreld sou oorneem, wat sal van ons word?

Taaldinge 10 Desember 2023

Wat is die stand van Afrikaans in die regswese – en hoekom is dit belangrik? Akademia het onlangs ‘n seminaar hieroor gehou as deel van die ATR se groter projek oor die stand van Afrikaans.  Die dekaan van Akademia se regsfakulteit, prof. Hermie Coetzee, en ‘n dosent in Opvoedkunde, dr. Annelise de Vries vertel vir Ina Strydom meer oor die onderwerpe wat bespreek is, en deel ‘n paar aanbevelings.

Kiskenades – Episode 88

Alicia verloor een van haar tande. Een van die speelgoed, by name Tandjies Muis, besluit om vir sy nefie, Kasparus die tandemuis, ‘n boodskap te stuur dat hy vir Alicia meer geld moet gee vir haar tand. Maar sal sy plan werk?

4×4-Sake 9 Desember 2023

Moes jy al, of moet jy nog, kopkrap oor die aankoop van ‘n nuwe 4×4 voertuig? Francois4x4Rossouw gee leiding.