Skrywers en boeke 13 Desember 2023

Francois Bekker, ‘n resensent van Pretoria, gesels met Ilse Salzwedel oor boeke wat hy vanjaar geniet het. Hy maak ‘n hele paar interessante aanbevelings,  wat ook goeie nie-fiksie insluit. In sy internasionale insetsels gesels Johan Myburg oor ‘n lys aanbevelings vir internasionale misdaadromans, en hy kyk terug op 2023 en die boeke wat die groot literêre pryse verower het.

Gesondheid 13 Desember 2023

Wat is epilepsie? Kan ’n mens dit ontgroei? Kan jy jou tong insluk tydens ’n aanval? Hoe gevaarlik is ’n epileptiese aanval? ’n Neuroloog gesels meer oor die elektriese storms in jou brein.

Geestesgesondheid 12 Desember 2023

In Geestesgesondheid gesels Johan van Lill met Lizelle de Bruin, radiojoernalis en kenner van ekspressiewe kunsterapie. Hoe en wanneer kan kunsterapie ‘n bydrae maak tot jou geestesgesondheid? 

Vers en klank 12 Desember 2023

Uit simpatie met diegene wat nog nie op vakansie is nie, lees Waldemar Schultz op Vers en Klank gedigte voor oor werk, beroepe – allerlei dinge wat mense doen om die pot aan die kook te hou.

Finansies 12 Desember 2023

Marius van PSG Wealth gesels oor een van die grootste en beste beleggers van alle tye , Charlie Munger. Hy is oorlede die 28ste November 2023. Marius het die voorreg gehad om na die Berkshire Hathaway jaar vergadering te gaan vir ‘n paar keer sedert 2003. Marius het hom daar ontmoet na die jaarvergadering. Hy was altyd gesien as die stil vennoot van Warren Buffett. 

Regsake 11 Desember 2023

Igna Klynsmith bespreek onder meer ‘n onlangse saak wat handel oor ‘n getroude paartjie wat drie dogters het, geskei is en eers na die egskeiding aan die lig gekom het dat die jongste dogter nie biologies aan die man verbind is nie. Hy bespreek ook ‘n luisteraars brief wat handel oor of opsetlike verbreking van reëls in rugby, nie kan lei tot finansiële eise nie.

Kommentaar 10 Desember 2023

Misdaad in Gauteng word steeds bestei ten spyt van 22 BMW’s van die Vloot van die spesiale misdaad vegter of vredes offisiere wat in ongelukke betrokke was en nie gebruik kan word nie. Verlede week in Kommentaar het ons oor die storie gepraat en die woordvoerder van die Premier van Gauteng Siwe Pamla sê elke voorval verskil soos ‘n voertuig wat herstel moet word weens klipgooiery in die gebied waar die beamptes werksaam was. Die week in Kommentaar kyk ons na die ANC en sy finansies – ‘n waarskuwing oor nog ‘n staatskaping en internasionale nuus.