Tinus de Jager gesels met Anthony Slater, eienaar van St. Paul’s Pens. Anthony besit die St Paul’s winkel in George, Wes-Kaap waar hy penne van hout maak.
Opskud 18 Desember 2023
Skilpad en sy dop.
Regsake 18 Desember 2023
In Regsake bespreek Igna Klynsmith ‘n hofsaak wat hy betempel as die belangrikste hofsaak in die geskiedenis van die mensdom. Dit is die saak van die hoë prietser Kayafas en Jesus van Nasareth…Hy praat ook oor padveiligfheid in SA. Spesialisgas Est-Marie Mccallan sluit dié week die gesprek oor ouerskapverlof af.
Kommentaar 17 Desember 2023
Goeie nuus vandag is dat Gerco Van Deventer deur Alqaude vrygelaat is. Gift of the Givers het bekend gemaak dat hy in Algeria vrygelaat is. Imtiaaz Sooliman van Gift of the givers gesels hieroor. Ons praat oor oud president Jacob Zuma se politieke planne, die staking by Gold One aan die Oos-rand en verskeie leierskapverkiesings in die wêreld wat in 2024 plaasvind.
Sterre en planete 17 Desember 2023
Nasa word dikwels besptempel as ‘n organisasie wat net met ruimtesake te doen het. Een van Sterre en Planete se luisteraars, Johan le Roux, het onlangs opgemerk dat twee vliegtuie van Nasa besig was om opmetings oor die Kaap te doen. Willie Koorts verduidelik Sondagaand in Sterre en Planete wat die doel van die projek was.
Leefwêreld van die gestremde 17 Desember 2023
Ons hoor van ‘n bekende pianis wat sig gestremd is. Michelle Nel deel haar lewensverhaal en daaglikse uitdagings. Die talentvolle Stellenboshse jong vrou vertel van die ondersteuning van ander en rolmodelle in haar loopbaan, en ‘n volwasse persoon met Down Sindroom vertel van sy werk as self Advokaat vir die bewusmaking van mense met down sindroom.
Rand en sent 17 Desember 2023
In hierdie bespreking kyk Jody na wat verbruikers tydens die feesseisoen in gedgate moet hou wanneer hulle ekstra geld soos byvoorbeeld ‘n bonus kry, en gee ook ‘n paar wenke oor hoe om binne jou begroting te bly.
Ons en die onderwys 17 Desember 2023
Hierdie week in Ons en die Onderwys gesels Johan van Lill met dr Jurie Joubert, bekende historikus en onderwyskundige, oor die oorgang tussen Graad 3 en 4 en Graad 7 en 8. Hoekom is dit so kompleks en hoe moet onderwysers dit hanteer?
Hoe verklaar jy dit? 17 Desember 2023
Waar word kortgolf- en mediumgolflengtes aangewend? Watter soort golwe word vir TV gebruik? En hoekom is ‘n roman insek so rats en aggressief?
Taaldinge 17 Desember 2023
Die eerste Departement Afrikaans en Nederlands het in 1918 by die Grey Universiteitskollege – vandag die Universiteit van die Vrystaat – tot stand gekom. ‘n Gedenkboek “Van toeka af die toekoms in”, het pas verskyn. Proff. Angelique van Niekerk en Henning Pieterse, die redakteurs, vertel vir Ina Strydom meer oor die boek en die geskiedenis van die Departement.