Die keiser se nuwe klere.
Regsake 1 Januarie 2024
Veronique van Heyningen en Igna Klynsmith bespreek onder meer Suid-Afrikaanse regte ten opsigte van stemreg, asook die reg van openbare deelname. Spesialisgas, Susan de Wet praat oor die regte van buitelandse burgers t.o.v eise teen die Padongelukke fonds, sou hul beserings op Suid-Afrikaanse paaie opdoen.
Kommentaar 31 Desember 2023
Ons kyk terug na die afgelope jaar se nuus hoogtepunte en wat voorlê in 2024. My gaste is prof Dirk Kotze van Unisa, Dr Oscar Van Heerden, politieke ontleder en die Historikus, Dr Lindi Koorts van die Universiteit Johannesburg.
Sterre en planete 31 Desember 2023
Toe die Voyager tuie in die sewentiger jare gelanseer is, is ‘n goue plaat saamgestuur. In Sterre en Planete vanaand gesels die span of dié plaat nog enige nuut het in die digitale eeu. Die Voyagers is tans die tuie wat die verste van die son af is. Oudergewoonte is Lafras Smit ook op sy pos om meer te vertel wat in Januarie in die lugruim te sien gaan wees. Die spanlede van Sterre en Planete is Willie Koorts, Matie Hoffman en Lafras Smit. Hennie Maas is die programleier.
Leefwêreld van die gestremde 31 Desember 2023
Dorothy-Anne Howitson vertel oor haar belewenis as kind, nadat haar pa met Alzheimers gediagnoseer is. Sy deel die intense hartseer toe sy moes toekyk hoe ‘n eens talentvolle, trotse man/pa in totale ander mens verander het. Ons vier ook eersdaags Louis Braille se verjaardag. Vanjaar is die tema – Wêreld Braille-Dag is twee honderd jaar van braille.
Rand en sent 31 Desember 2023
In hierdie aflewering van Rand en Sent doen Jody ‘n oorsig van die programme wat die afgelope jaar baie aanklank by luisteraars gekry het.
Ons en die onderwys 31 Desember 2023
Hierdie week in Ons en die Onderwys gesels Johan van Lill met gaste oor die hoogtepunte en laagtepunte in die 2023 onderwysjaar. Dr Michael le Cordeur, prof Erica Spangenberg en Juane van der Merwe gesels oor wat reg en verkeerd geloop het in 2023.
Hoe verklaar jy dit? 31 Desember 2023
Hoekom kan ‘n plat lens nie lig fokus nie? Watter rol vervul ‘n bidspringkaan in ekosisteme? En, hoekom lyk ‘n geietjie blink en slymerig, maar is tog droog?
Taaldinge 31 Desember 2023
Ken jy die woord kletsnat? Waar kom die woord “laaitie” vandaan? En waarom kry sommige plekname ‘n lidwoord vooraan? Dit is van die luisteraarsnavrae wat beantwoord word. Ina Strydom se gaste is oudergewoonte Alet Cloete en dr. Gerda Odendaal van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.
Oggenddiens 31 Desember 2023
ds Maartje van der Westhuizen van die NG Gemeente Elarduspark, Pretoria.