Paasresepte

TV-persoonlikheid Marinda Engelbrecht deel resepte vir jou etenstafel op Goeie Vrydag, soos ‘n maklike brood, ‘n hot cross bun-poeding en lamsboud.

Gemeentes was al hoe kleiner word

Ds. Francois Retief, predikant in sinodale siens vir klein gemeentes, praat oor gemeentes wat kleiner word, en hoe die Oostelike Sinode daardie gemeentes bystaan.

Kiskenades – Episode 157

Alicia kuier by haar niggie, Charné, wat ’n tiener is. Tieners stel nie noodwendig daarin belang om met hulle kleiner nefies of niggies te speel nie. Gelukkig is Tandjies Muis en Katryn Kraai daar om Alicia geselskap te hou.

Naweekaktueel 12 April 2025

Ons bespreek die ontmoeting tussen die ANC en DA met ‘n politieke ontleder. ‘n Ekonoom verduidelik hoe Suid-Afrika president Trump se 90 dae pouse op tariewe moet aangryp. Wat is die impak van vrugbaarheidsbehandeling op ‘n vrou se liggaam, emosies, huwelik en lewe? Ons praat met ‘n Ma wat 19 rondes vrugbaarheidsbehandeling ondergaan het.

RSG Landbou 12 April 2025

Landbouers in Suid-Afrika is besige mense. Hulle neem verantwoordelikheid vir mense, plante, diere, hulle plaaslike gemeenskappe, en soveel meer. Maar, hoe gereeld word daar ‘n bestekopname oor boere se geestesgesondheid gedoen? Dr. Louise van Coller is ’n spesialisberader, en stel veral belang in die welstand van mense wat die aarde bewerk. Ons praat met haar oor die waarde van introspeksie, en praktiese maniere om na die geestesgesondheid van produsente, hulle gades, gesinne en agriwerkers om te sien.