RSG Landbou 14 April 2025

Die jongste Absa Agri Trends-verslag wat fokus op plaaslike en internasionale tendense wat ‘n impak op landbou kan hê, is onlangs bekendgestel. Goss-verwelk en blaarskroei is ‘n siekte wat op mielies voorkom. Dis die eerste keer in 2024 in Suid-Afrika opgemerk. Dr. Rikus Kloppers van Rubigalia CropCare gee raad aan mielieprodusente.

Sterre en planete 13 April 2025

Dr. Stefan Lotz het die ruimteweervoorspelling. Hoekom kan ’n gravitasiekolk lig, wat nie massa het nie, beïnvloed? Ons gee ’n veilige manier om sonvlekke te kan sien, wat jy vir jouself kan maak. Ons hoor meer van ’n onlangse ontdekking van ’n 80 tot 100 jaar siklus van sonvlekaktiwiteit, bo en behalwe die bekende 11-jaar siklus. Ons sluit af met ’n opdatering oor die sogenaamde “gestrande” ruimtevaarders op die Internasionale Ruimtestasie.

Wat het jy in jou hand 13 April 2025

Ambassadors Football is in 1990 in Bolton, Engeland, gestig as Ambassadors In Sport (AIS). Van die begin af was die organisasie, gestig deur Missionary Athletes International, daarop gefokus om saam met kerke en Christelike organisasies te werk om gemeenskapsgerigte sokkerbedienings te ontwikkel. In 2013 het hulle hul huidige naam aangeneem. Vandag gaan die werk voort deur sokkeropleiding, sokkerkampe, klinieke, gevangenis- en skoolbediening, mans- en vrouespanne, internasionale toere en betrokkenheid by groot wêreldsokkergeleenthede soos die Wêreldbeker. Met kantore dwarsoor die wêreld bly Ambassadors Football toegewyd daaraan om geloof deur die krag van sokker te versprei.

Ons en die onderwys 13 April 2025

Johan van Lill praat prof. Michael le Cordeur oor die toekoms van universiteite in Suid-Afrika. Michael was onlangs by die KKNK deel van ’n paneelgesprek, waar daar diep nagedink is oor hoe universiteite moet aanpas by ’n veranderende wêreld.

Rand en sent 13 April 2025

Jody Hendricks praat met verskeie rolspelers oor ekonomiese ontwikkeling in landelike gebiede. Hy kyk ook na voorbeelde waar dit werk, en hoe dit toegepas word.

Leefwêreld van die gestremde 13 April 2025

Wat is geraas-geïnduseerde gehoorverlies? Hoe kan dit voorkom word? Hoekom is sekere oorfone veiliger as ander? ‘n Oudioloog praat oor hoe geraas tot gehoorverlies kan lei. Monica Gerhard leef ‘n vol lewe. Al het sy nie arms of bene nie, doen sy baanbrekerswerk, en doen bewusmaking vir persone met gestremdhede. Sy staan nie terug vir tegnologie nie, en was by hulle plaaslike radiostasie betrokke in die Noord-Kaap.

Hoe verklaar jy dit? 13 April 2025

Hoe is dit moontlik vir ‘n perdeby om haar eiers in ‘n lewende spinnekop te lê en die spinnekop aan die lewe te hou? Waar hiberneer ‘n padda? As dit ondergrond is, hoekom spit meer mense nie paddas in die winter op nie?

Taaldinge 13 April 2025

Afrikaans as amptelike taal is vanjaar 100 jaar oud, maar die ontstaansgeskiedenis van Afrikaans strek veel verder as een eeu gelede. Die voormalige hoofredakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, dr. Willem Botha, gaan haal die verhaal by die begin. Dit is deel 1 van die gesprek met Ina Strydom.

Oggenddiens 13 April 2025

Dr. Annelie Botha van die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Pretoria, ook verbonde aan die Nederduitsch Hervormde Kerk Kempten.