Colin Eglin se nalatenskap

Colin Eglin is deur oudpresident Nelson Mandela beskryf as een van die argitekte van Suid-Arika se demokrasie. Eglin, wat in 2013 oorlede is, sou vandag ‘n 100 jaar oud gewees het. Na die dood van sy pa toe hy 9 jaar oud was, het hy by sy oom en tante op ‘n plaas by Hobhouse in die Vrystaat gaan bly, waar hy die enigste Engelse kind was. Hy het later op Villiersdorp in die Kaap gematrikuleer en het op 14 jarige ouderdom bourekeningkunde aan die Universiteit van Kaapstad begin studeer.

Eglin was sy loopbaan lank deel van die politieke opposisie in Suid-Afrika, wat hard teen apatheid baklei het. Hy het deurlopend aangevoer meriete en nie ras nie, moet in Suid-Afrika geld. Ons gesels hieroor met Tony Leon, wat jare lank vir Eglin geken het.

Nuwe peiling: DA gewilder as ANC

Die jongste peiling van deur die Instituut vir Rasseverhoudinge, die IRV, wat in Maart en vroeër vandeesmaand gedoen is, toon verrassende inligting, onder meer dat die DA in daardie tydperk wat die peiling gedoen is, gewilder as die ANC is.

Die peiling het saamgeval met die uitval tussen die DA en die ANC oor die begroting en die verhoging in BTW. Ons gesels hieroor met Hermann Pretorius van die IRV.

Kompas 14 April 2025

Hoe ontwikkel iemand ‘n eetversteuring? Is dit net jong vroue wat daaraan lei, of kan dit met enigiemand gebeur? Chloè van Rooyen praat met sielkundige Dewald Louw oor eetversteurings en die ernstige gevolge daarvan.

In die kollig 14 April 2025

Die gewilde komediant Celeste Ntuli is aangewys as die komediant van die jaar by vanjaar se 12de Savana Comics choice toekennings aand.

Die amerikaanse akteur,  Mickey Rourke is gevra om die Big Brother- huis in Brittanje te verlaat na gedrags probleme.

Helen Zille oor vergadering met die ANC

Die twee grootste partye in die Regering van Nasionale eenheid – die ANC en die DA – het Saterdag in Johannesburg vergader om die dooiepunt en struwelinge tussen die twee partye te bespreek, na die DA nie die fiskale raamwerk van die begroting, wat ‘n BTW-verhoging insluit, wou steun nie.

Senior leiers van albei partye het die vergadering as konstruktief beskryf. Die voorsitter van die DA se federale raad, Helen Zille, was deel van hierdie vergadering en sy sluit vanoggend by ons aan

Wat jy vandag moet weet 14 April 2025

Die gesprek om die RSG-ontbyttafel begin elke oggend met ‘n oorsig van die dag se hoofopskrifte op plaaslike en internasionale nuuswebwerwe en koerantvoorblaaie.

Monitor 14 April 2025

Die ANC beskryf ‘n gesprek met die Vryheidsfront Plus oor die fiskale raamwerk en die Regering van Nasionale Eeenheid as ‘hartlik’. Die Senzo Meyiwa moordsaak hervat vandag in die hooggeregshof in Pretoria en ‘n opname van Debt Rescue SA vind dat ‘n verhoging in BTW verbruikers kan knou.