SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen – Episode 6

Grůš Watwobiuš (alias Watwo vir sy vriende) neem Loeloeraai na die Kronogmoš waar hy die androïed, Cleož, sal ontmoet wat hulle op die sending sal vergesel. Maar eers bak Watwo en Cleož hom ’n poets waaroor hy later lekker kon lag.

Dr, Gerhard Cilliers

Dr. Gerhard Cilliers vertel vir Martelize Brink van die vooruitgang van die malgasse by Lambertsbaai.

Instrumente se oorsprong

Dr. Annien Shaw, ‘n lektor en violis van die US Konservatorium, vertel van drie lande waar 3 soorte instrumente in die klassieke musiekwêreld ontstaan het.

Elke Sent Tel – Deel 12

Elke Brink van PSG Wealth R21 op Stellenbosch praat oor jo diversifikasie met bateklasse in ‘n portefeulje en hoe dit jou beskerm.

Spektrum 14 April 2025

Aandele markte in Asië en Europa begin kop optel.

Padveiligheid is onder die vergrootglas, soos paasnaweek nader kruip.

Die SAOU sê die regering se beplande vroeë aftrede pakkette aan staatsdienswerknemers kan die onderwyssektor knou.

Inwoners van Centurion is warm onder die kraag oor die voortslepende kragonderbrekings.

Regsake 14 April 2025

Igna Klynsmith bespreek vererwing van vuurwapens, asook ‘n vraag oor bloedskande. Hy beantwoord ook ‘n paar luisteraarvrae oor die strafreg. Spesialisgas Elsa Kruger-Willemse praat oor die regspraktyke van menslike oorskot, en die reëls met betrekking tot die wegdoen van lyke.

Suid-Afrikaner tem Atacama-woestyn

Dit word beskou as een van die wêreld se moeilikste en uitdagendste wedlope – die Atacama Crossing. Dis ‘n 250 kilometer wedloop deur die Atacama-woestyn in Chilé en word oor ‘n paar dae gehardloop. Benewens dat dit in die woestyn gehardloop word, maak die hoogte bo seespieël dit ‘n nóg moeiliker uitdaging.

Marco Grobbelaar het onlangs hierdie wedloop voltooi – en nie net voltooi nie, hy was eerste in sy ouderdomsgroep en het in die algehele vyfde plek geëindig.

Colin Eglin se nalatenskap

Colin Eglin is deur oudpresident Nelson Mandela beskryf as een van die argitekte van Suid-Arika se demokrasie. Eglin, wat in 2013 oorlede is, sou vandag ‘n 100 jaar oud gewees het. Na die dood van sy pa toe hy 9 jaar oud was, het hy by sy oom en tante op ‘n plaas by Hobhouse in die Vrystaat gaan bly, waar hy die enigste Engelse kind was. Hy het later op Villiersdorp in die Kaap gematrikuleer en het op 14 jarige ouderdom bourekeningkunde aan die Universiteit van Kaapstad begin studeer.

Eglin was sy loopbaan lank deel van die politieke opposisie in Suid-Afrika, wat hard teen apatheid baklei het. Hy het deurlopend aangevoer meriete en nie ras nie, moet in Suid-Afrika geld. Ons gesels hieroor met Tony Leon, wat jare lank vir Eglin geken het.