Suid-Afrika kan oor 5 jaar byn 20% te min water hê

Suid-Afrika kan oor minder as vyf jaar byna 20% te min water hê. Boonop is ons land een onder 30 droogste lande in die wêreld wat vergerger word deur veranderende reënvalpatrone.

 

Hierdie omstandighede én swak waterbestuur op veral plaaslike regeringsvlak kan lei tot die watertekorte in 2030. Die ekonoom, JP Landman, het onlangs ‘n artikel hieroor gepubliseer en ons gesels vanoggend met hom hieroor.

In die kollig 15 April 2025

Die popster Katy Perry en die televisieaanbieder Gayle King het saam met 4 ander vroue ‘n sub-orbitale vlug van sowat 11 minute in die ruimte meegemaak. 

Waarom moet ondersoeke na apartheidsmoorde heropen word

Die ondersoek na die dood van die eertydse ANC-president en Nobel-vredespryswenner, Albert Luthuli, is heropen en het gister in die hooggeregshof in Pietermaritzburg begin. Luthuli is in 1967 dood. Die dood van die menseregteprokureur, Griffiths Mxenge, is ook heropen.

Dié ondersoeke is voorbeelde van ‘n paar ondersoeke wat deur afdelings binne die Nasionale vervolgingsgesag, heropen word. Wat is die rede en voordele vir die families én vir Suid-Afrika, om hierdie gebeure te ondersoek? Ons gesels hieroor met professor Piet Croucamp van die Noodwes Universiteit se Sakeskool.

Monitor 15 April 2025

Wat wag op Mcebisi Jonas, ons nuut-aangestelde gesant na die VSA – en presies wat gaan sy rol wees? Kenners sê daar moet meer gefokusde mentorskap-programme in skole ingestel word, om ons onderwysers voor te berei en, hoe moet die media berig oor spazawinkel-produkte, sonder om paniek te saai?

RSG Landbou 15 April 2025

RSG Landbou het onlangs die Beaufort-Wes-landbouskou bygewoon, waar ons met ‘n paar opkomende skaapboere gepraat het. Ons het nuus oor die LHB en Kruger Bonsmara-veiling wat eersdaags naby Christiana plaasvind. Aartappels SA wil die gebruik van klein aartappels bevorder, veral as deel van ‘n gesonde maaltyd vir kinders. Dirk Uys praat oor hulle planne om die Departement van Basiese Onderwys se voedingskema hierdeur te bereik.

Egskeidingsbemiddeling

Ons het die voorreg om met Naëtt Atkinson, ’n gesertifiseerde kommersiële mediator en
gesinsregkenner, te gesels oor die rol van mediasie vir paartjies wat oorweeg om te skei en die regte van kinders in hierdie proses. Met haar uitgebreide ervaring in die korporatiewe, NGO- en onderwyssektore, sowel as haar opleiding in gevorderde mediasie aan Fordham Law School en die Universiteit van Kaapstad se Sakeskool, bring sy waardevolle insigte oor hoe mediasie kan help om gesinsverhoudings op ’n konstruktiewe wyse te hanteer.

Aandgedagte 14 April 2025

Prof. Christo Lombaard, dosent in Nuwe Testament in die Teologiese fakulteit van die Universiteit van Pretoria.

Hoe word ’n iPhone vervaardig?

Pieter Geldenhuys – toekomskundige en direkteur, Instituut vir Tegnologie Strategie en Innovasie, verbonde aan die DaVinci-sakeskool Volg RSG Geldsake op Twitter