Denver van der Bergh

Kan jy jou indink om 1600 km te hardloop – nie net vir jouself nie, maar as ’n simbool van hoop? Denver het jare lank met verslawing geworstel, maar vandag gebruik hy sy voete om ’n ander pad te stap. Hy hardloop van Kaapstad na die Comrades-marathon, ’n ongelooflike bewys van menslike deursettingsvermoë. Hoe het hy van sy donkerste dae na hierdie triomf beweeg? Wat dryf hom om aan te hou, tree vir tree? Vandag kom deel hy sy storie van hoop met ons.

Vol Vreugde 15 April 2025

Blydskapsnavorser Johannes de Villiers is ’n skrywer oor bewustelikheid, meditasie en positiewe sielkunde. Hy vertel waarna ons in hierdie reeks praatjies kan uitsien.

Land en Sand: Kirby van der Merwe

In die Paarl waar Kirby van der Merwe groot geword het, was daar nie openbare biblioteke wat bruin mense kon besoek nie. Toe sy ouers Franschoek toe trek, kon bruin mense wel op Saterdae die wit openbare biblioteek besoek en net daar het Kirby se fassinasie met biblioteke posgevat.

 

Kirby se roman, Eugene, is onlangs benoem vir die Suid-Arikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Hertzogprys. Maar Kirby skryf nie net nie. Hy is ‘n kunstenaar wat reuse skilderye maak wat eersdaags by die Suidoosterfees te sien sal wees. Hy woon op Aurora aan die voet van die Piketberge en het aanlyn, land en sand met Pieter Steyn gepraat.

Historiese Almanak 15 April 2025

In Historiese Almanak gesels Albe Grobbelaar oor professor Adriaan Francken, wat in 1891 uit Nederland, Vrystaat toe getrek het.

Suid-Afrika kan oor 5 jaar byn 20% te min water hê

Suid-Afrika kan oor minder as vyf jaar byna 20% te min water hê. Boonop is ons land een onder 30 droogste lande in die wêreld wat vergerger word deur veranderende reënvalpatrone.

 

Hierdie omstandighede én swak waterbestuur op veral plaaslike regeringsvlak kan lei tot die watertekorte in 2030. Die ekonoom, JP Landman, het onlangs ‘n artikel hieroor gepubliseer en ons gesels vanoggend met hom hieroor.

In die kollig 15 April 2025

Die popster Katy Perry en die televisieaanbieder Gayle King het saam met 4 ander vroue ‘n sub-orbitale vlug van sowat 11 minute in die ruimte meegemaak. 

Waarom moet ondersoeke na apartheidsmoorde heropen word

Die ondersoek na die dood van die eertydse ANC-president en Nobel-vredespryswenner, Albert Luthuli, is heropen en het gister in die hooggeregshof in Pietermaritzburg begin. Luthuli is in 1967 dood. Die dood van die menseregteprokureur, Griffiths Mxenge, is ook heropen.

Dié ondersoeke is voorbeelde van ‘n paar ondersoeke wat deur afdelings binne die Nasionale vervolgingsgesag, heropen word. Wat is die rede en voordele vir die families én vir Suid-Afrika, om hierdie gebeure te ondersoek? Ons gesels hieroor met professor Piet Croucamp van die Noodwes Universiteit se Sakeskool.

Monitor 15 April 2025

Wat wag op Mcebisi Jonas, ons nuut-aangestelde gesant na die VSA – en presies wat gaan sy rol wees? Kenners sê daar moet meer gefokusde mentorskap-programme in skole ingestel word, om ons onderwysers voor te berei en, hoe moet die media berig oor spazawinkel-produkte, sonder om paniek te saai?