Die regering se Polisieberaad begin in Gauteng, met ‘n sterk fokus op polisiëring te midde van begrotingstekorte. Die Suid-Afrikaanse Buro van Standaarde is op die randjie van ineenstorting. Die toekoms van die Regering van Nasionale Eenheid hang steeds in die weegskaal.
Finansies 8 April 2025
Denise Fourie van PSG Silver Lakes Pretoria en Pieter Koornhof van Allan Gray vra of jou portefeulje bestand is teen die geraas.
Vol vreugde 8 April 2025
Blydskapsnavorser Johannes de Villiers is ’n skrywer oor bewustelikheid, meditasie en positiewe sielkunde. Hy vertel waarna ons in hierdie reeks praatjies kan uitsien.
Katinka Heyns vir lewensbydrae vereer
Sy is die doyenne van Afrikaanse rolprente, en is onlangs deur die Indiese konsulaat by die Indiese rolprentfees in Johannesburg vir haar lewensbydrae vereer. Katinka Heyns het oor die jare van Afrikaans se voorste rolprente gemaak, soos Fiela se kind, Paljas en Die Wonderwerker.
In die kollig 2 – 8 April 2025
Clem Burke, tromspeler van die groep, Blondie, oorlede in die ouderdom van 70.
Land en Sand: Barnard Beukman
Toe Moneyweb in Junie verlede jaar die nuus breek dat die meeste van Media24 se gedrukte koerante nie meer gedruk gaan word nie, is nie net lesers onkant gevang nie, senior personeel soos die redakteurs van die koerante was ook verras. Die sluiting van die koerante het maande lank debatte ontlok. Barnard Beukman is die laaste redakteur van Beeld, wat in sy 50ste bestaansjaar sy deure moes sluit. Hy het land en sand met Pieter Steyn gesels oor die sluiting van Beeld, sy Amerikaanse paspoort, en hoe president Nelson Mandela, anders as sy opvolgers, met die media gepraat het.
Historiese Almanak 8 April 2025
Albe Grobbelaar praat oor die ontstaan van die Olimpiese Winterspele en een van die vroeë helde van die Spele, die Noorweegse sierskaatser, Sonja Henie.
Sakenuus 8 April 2025
Dawie Roodt van die Efficient-groep praat oor Suid-Afrika se goudreserwes.
Jongste meningspeiling oor RNE
Terwyl die politieke stormwinde binne die Regering van Nasionale Eenheid waai, het die Brenthurst-stigting onlangs sy jongste peiling oor die RNE en die politieke vennote bekend gestel. Die peiling is einde Februarie, begin Maart, onder byna 4 000 geregistreerde kiesers gedoen, wat verteenwoordigend is van die Suid-Afrikaanse samelewing, met ‘n foutspeling van 2%. Ons praat met Ray Hartley van die Brenthurst-stigting.
In die kollig 1 – 8 April 2025
Bo Petersen se jongste produksie in Johannesburg te sien.