Hierdie week in Ons en die Onderwys gesels Johan van Lill met opvoedkundige sielkundige dr Elzette Fritz oor hoe skole en ouers kinders se sosiale ontwikkeling in die digitale era kan ondersteun. Ons gesels oor wat virtuele vriendskappe presies behels, hoekom dit belangrik is om hierdie tipe verhoudings ernstig op te neem en hoe aanlyn interaksie nie net sosiale vaardighede beïnvloed nie, maar ook die emosionele ontwikkeling van leerders.