Die eerste stadium van die proses om ’n dorp en gemeenskap suksesvol te maak, verg baie geduld. Dit behels die verandering van gesindhede, nuwe maniere van probleemoplossing en ’n gesamentlike visie. Dan eers kan die groot ontwikkelingswerk in ’n gemeenskap begin. En as ’n dorp dán losstrek, sal almal verras wees.