Toe Moneyweb in Junie verlede jaar die nuus breek dat die meeste van Media24 se gedrukte koerante nie meer gedruk gaan word nie, is nie net lesers onkant gevang nie, senior personeel soos die redakteurs van die koerante was ook verras. Die sluiting van die koerante het maande lank debatte ontlok. Barnard Beukman is die laaste redakteur van Beeld, wat in sy 50ste bestaansjaar sy deure moes sluit. Hy het land en sand met Pieter Steyn gesels oor die sluiting van Beeld, sy Amerikaanse paspoort, en hoe president Nelson Mandela, anders as sy opvolgers, met die media gepraat het.