Deel 1: Rian van Heerden is lief vir praat en vir die mikrofoon; hy help graag; hy is nie bang vir uitdagings nie (soos om ’n restaurant te koop en daarvan ’n sukses te maak); hy verbreek grense en daag mense uit; en hy is braaf. Maar bowenal is hy eerlik en reguit met sy luisteraars en kykers. In hierdie openhartige onderhoud wissel Rian sy vertellings af van snaaks tot hartseer tot eerlik tot ongemaklik. Hy is bekend vir sy skerp humor en onverskrokke geselskap, soos gesien in sy program Laataand by Rian, wat gewilde gaste, vurige debatte en eerlike gesprekke oor aktuele kwessies insluit. Hy het ’n regstudie-agtergrond, geïnspireer deur ’n vroeë belangstelling in politiek en openbare toesprake, wat sy benadering tot media en openbare diskoers beïnvloed het. Rian se boek, 16 Dinge Wat Ek Nie Moes Sê Nie, bevat 16 openhartige en soms omstrede temas of uitsprake wat hy as persoon of mediafiguur gemaak het. en wat hy beskou as dinge wat hy nie moes sê nie. Hy deel met Henco Kruger al die finansiële dinge wat hy oor sy lang loopbaan nie moes kwytraak of doen nie.