Alicia kuier saam met twee van haar speelgoed, Katryn Kraai en Spekkies Vark, by haar maatjie, Christiaan, op sy plaas. Christiaan se vlieër neem Katryn Kraai saam met hom in die lug om te vlieg. Maar dan loop dinge lelik skeef en Christiaan, Alicia en die speelgoed moet vinnig dink.