Alicia en die speelgoed van die speelgoedkis is verveeld, want dit reën en hulle kan nie buite speel nie. Dan kry Alicia se ma ‘n briljante plan. Sy gee vir almal papier en verf en sê hulle moet prentjie skilder. Alles verloop glad tot Kobus die kameelperd die verf op Katryn Kraai se kop laat val.