Terwyl die politieke stormwinde binne die Regering van Nasionale Eenheid waai, het die Brenthurst-stigting onlangs sy jongste peiling oor die RNE en die politieke vennote bekend gestel. Die peiling is einde Februarie, begin Maart, onder byna 4 000 geregistreerde kiesers gedoen, wat verteenwoordigend is van die Suid-Afrikaanse samelewing, met ‘n foutspeling van 2%. Ons praat met Ray Hartley van die Brenthurst-stigting.