Daar is ‘n Arabiese spreekwoord wat lui: “Die huwelik is soos ‘n beleërde vesting; die wat daar buite is, stry met alle mag om in te kom, en die wat daarbinne is, probeer vir al wat hulle werd is, om daaruit te kom.” Jy mag dalk lag oor hierdie stelling, maar sit daar nie miskien tog ‘n greintjie waarheid in nie, veral as gekyk word na die hoë egskeidingsyfer in Suid-Afrika?