Soveel van die menslike brein ontwikkel reeds in die baarmoeder. Fetusse kan voel, ruik, proe, sien en hoor baie gouer as wat die meeste mense vermoed. Moet ek vir my ongebore baba musiek speel? Kan ek al in die baarmoeder vir my ongebore baba leer spel? Watter bydrae lewer die pa se sperms tot die kind se ontwikkeling? Dr. Melodie de Jager, ‘n ontwikkelingskenner, en Carla van der Merwe, ‘n arbeidsterapeut, vertel van die jongste navorsing.