Die Suid-Afrikaanse reeks, Wyfie, is genomineer vir ‘n Rose d’Or-toekenning, en gaan meeding teen die sewemalige BAFTA-wenner, EastEnders, en die agtmalige BAFTA-genomineerde, Hollyoaks, vir Beste Sepie. Die Rose D’Or-toekennings word op 2 Desember by King’s Place in Londen gehou. Daar was vanjaar meer as 700 inskrywings uit meer as 30 lande ontvang, met die finaliste wat deur ‘n jurie van meer as 100 uitsaaibestuurders en vervaardigers van regoor die internasionale televisiebedryf gekies is.

Recommended Posts

Subscribe
Notify of
guest

0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments