Die musiekblyspel, My Fair Lady, is een van die gewildste blyspele van alle tye, sedert dit die eerste keer in die jare 50 op Broadway gedebuteer het. Dit speel af in 1912 in Londen, buite Covent Garden. Dis gebaseer op die verhoogstuk, Pygmalion, wat reeds in 1913 die eerste keer opgevoer is. Nou het Suid-Afrikaners die geleentheid om ‘n uitsonderlike weergawe van My Fair Lady te beleef – eers in Kaapstad van 12 Desmeber af en daarna in Johannesburg. Craig Urbani is in die rol van Henry Higgins te sien, saam met Brittany Smith en Leah Mari, wat om die beurt die rol van Eliza Doolittle sal vertolk. Craig sluit by ons aan.

Recommended Posts

Subscribe
Notify of
guest

0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments