
‘n Aansoek om meer as 400 000 hardekoolbome, 100 000 witgatbome, 120 000 maroelabome en 10 000 kremetarte uit te roei, is by die departement omgewingsake ingedien. ‘n Permit om 9 000 bome uit te kap, is oënskynlik reeds toegestaan. Hierdie bome moet verwyder word om ruimte te skep vir die Musina-Makhado spesiale ekonomiese sone in Limpopo. Die ontwikkeling word gedryf deur Chinese maatskappye en die Limpopo provinsiale regering. Ons praat hieroor met die omgewingsjoeranlis, Elise Tempelhoff.