Kompetisie


Wen soveel as R10 000 met ’n Absa Dinamiese-vastedepositorekening!
Wen tot R10 000 in 'n 12-maande Absa Dinamiese vastedepositorekening! Daar is elke dag R5 000 wat gewen kan word, en ons sal dit verdubbel na R10 000 as jy 'n Absa Rewards-lid is. Om te wen, vertel ons waarom jy moet begin spaar. Wat is jou einddoel? Om in te skryf, volg RSG op Instagram (rsg_100104fm), gaan na die Absa stories op ons Instagram, en plaas jou antwoord in die vraagblokkie. Luister dan elke middag na Spitstyd om te hoor of jy gewen het. Kry 'n effektiewe koers van tot 10% per jaar as jy jou rekening by Absa open, en verdien 'n bykomende koers as jy 'n Absa Rewards-lid is.
Die kompetisie is vanaf 17 – 26 Mei 2023 gedurende Spitstyd.
Absa is ’n geregistreerde FDV.
-
Voriges
Sluitingsdatum:
RSG en Lefra Produksies bederf vaders hierdie Vadersdag met twee uitstaande teaterproduksies. Koos Kombuis en Valiant Swart snoer kragte saam by Emperors Palace se Theatre Marcellus in Kemptonpark, en ’n Countryvertoning is op die planke by Afriforumteater in Pretoria met WEST, Ernie Bates, Hugo Hewitt en Mag Young.
Sluitingsdatum:
Die RSG Radiodrama-skryfkompetisie is vanjaar 26 jaar oud. Dié jaarlikse kompetisie kan bestempel word as die oudste dramakompetisie in Suid-Afrika wat Afrikaanse radiodrama bevorder en bekroon. Die kompetisie het oor dekades die Afrikaanse kunstebedryf gevoed, en werk geskep vir skrywers, akteurs en regisseurs.