Skip to content

Wen R10 000 in RSG en attooh! se rugbyraaikompetisie!

Kompetisie

Wen R10 000 in RSG en attooh! se rugbyraaikompetisie!

RSG se gewilde Rugbyraai-kompetisie saam met attooh! is terug! Voorspel die korrekte punteverskil vir die tweede Rugbykampioenskap-toets tussen die Bokke en die All Blacks op Saterdag 13 Augustus, wat om 17:05 in Johannesburg afskop. SMS jou antwoord na 45889 teen R1,50. Tik die kodewoord BOKKE, laat ’n spasie en dan slegs die getal wat jy dink die punteverskil tussen die Bokke en All Blacks vir hierdie kragmeting sal wees. Die kompetisie sluit ‘n uur voor die afskop om 16:05. Die wenner word op Maandag 15 Augustus in Spitstyd aangekondig. Indien daar meer as een korrekte antwoord is, sal 'n trekking gedoen word om die wenner te bepaal. Indien daar nie ‘n korrekte inskrywing is nie, sal die naaste korrekte antwoorde in aanmerking kom vir die prys. RSG Rugbyraai word aangebied in samewerking met attooh!, ‘n finansiële dienstemaatskappy. Hulle bied produkte soos lewensversekering, beleggings, mediese- en alle groepsvoordele. RSG-luisteraars en/of enige lid van die publiek in Suid-Afrika, 18 jaar en ouer (uitgesluit SAUK en RSG-werknemers of die borg van die prysgeld) kan aan die kompetisie deelneem. Die prysgeld word deur die borg betaal binne 10 werksdae vanaf die dag waarop die wenner aankondiging word.

-
23 / 08 / 1970

Voriges

#Gesluit
Sluitingsdatum:
23/08/1970

RSG en Lefra Produksies bederf vaders hierdie Vadersdag met twee uitstaande teaterproduksies. Koos Kombuis en Valiant Swart snoer kragte saam by Emperors Palace se Theatre Marcellus in Kemptonpark, en ’n Countryvertoning is op die planke by Afriforumteater in Pretoria met WEST, Ernie Bates, Hugo Hewitt en Mag Young.

#Gesluit
Sluitingsdatum:
23/08/1970

Die RSG Radiodrama-skryfkompetisie is vanjaar 26 jaar oud. Dié jaarlikse kompetisie kan bestempel word as die oudste dramakompetisie in Suid-Afrika wat Afrikaanse radiodrama bevorder en bekroon. Die kompetisie het oor dekades die Afrikaanse kunstebedryf gevoed, en werk geskep vir skrywers, akteurs en regisseurs.

#Gesluit
Sluitingsdatum:
23/08/1970

Van 25 April tot 6 Mei gee Lottoland elke weeksdag sakke vol geld weg! Skakel in op RSG en luister na Amore Bekker van 09:00 tot 12:00. Sy sal aan die begin van alhoebekker ‘n leidraad gee. Gaan loer dan op www.lottoland.co.za 

#Gesluit
Sluitingsdatum:
23/08/1970

Kan jy doen met ‘n KIA Picanto en R5 000? Skenk so min as R30 aan die RSG-Beeld-Kinderfondsprojek en jy staan ‘n kans om ‘n KIA Picanto ter waarde van R216 900 te wen! As jy jou bydrae voor 31 Julie maak, kan jy boonop ook R5 000 wen. Die wenner van die R5 000 sal op Dinsdag 1 Augustus in Spitstyd aangekondig word.