Skip to content

Wen ’n BBP-ervaring by die Oppilandfees!

Kompetisie

Wen ’n BBP-ervaring by die Oppilandfees!

Lefra Produksies bied een van Gauteng se grootste feeste aan!  DIE OPPILANDFEES word 26 tot 28 Mei by die Stable Inn Konferensiesentrum in Springs aangebied, met meer as 30 top kunstenaars oor die drie dae! Jy kan uitsien na ‘n groot kuns- en vlooimark, wynproe, heelwat te ete en drinke, Liewe Heksie vir die kinders, musiek deur onder andere Francois van Coke en Die Gevaar, Chris Chameleon, Sonja Herholdt en Pieter Smit. Sondag is dit Gospel én ‘n Countryfees.

Jy kan ‘n naweek wen by die Oppilandfees – verblyf en etes ingesluit!

Die prys bestaan uit die volgende:

  • BBP-naweekkaartjies vir 2
  • Met jou BBP-kaartjies, het jy toegang tot die eksklusiewe kroegarea en ook BBP-sitplekke voor die verhoog
  • Verblyf vir 2 by die Stable Inn Konferensiesentrum op 26 en 27 Mei
  • Geleentheid om die kunstenaars in hulle BBP-area te ontmoet, lekker te gesels en foto’s te neem
  • Ligte middagetes en aandetes in die BBP-area
  • 2 Bottels Van Loveren-vonkelwyn.
  • Let wel: jy moet self by die fees kan kom

Ons het ook lekker troospryse. Vyf luisteraars kan elkeen ook ‘n gewone dubbel naweekkaartjie wen om die Oppilandfees te gaan geniet met die komplimente van Lefra Produksies, die Stable Inn Konferensiesentrum en RSG!

HOE NEEM EK DEEL?
Stuur ‘n SMS met die volgende inligting na 45889:

  • Begin jou SMS met die KODEWOORD: LAND
  • Naam en van
  • Jou e-posadres
  • En jou antwoord op die volgende vraag: In watter stad word die Oppiland Fees aangebied?

Wenners sal per e-pos in kennis gestel word, en die beslissing van die organiseerders is finaal.  SMS’e kos R1,50 elk en daar is geen beperking op die hoeveelheid SMS’e wat jy mag stuur nie. Bepalings en voorwaardes geld.

SMS-lyn sluit op 12 Mei om 12:00.

Die wenners sal op Saterdag 13 Mei in Brêkfis met Derrich aangekondig word.

01/ 04 / 2023
-
23 / 08 / 1970

Voriges

#Gesluit
Sluitingsdatum:
23/08/1970
#Gesluit
Sluitingsdatum:
23/08/1970

RSG en Lefra Produksies bederf vaders hierdie Vadersdag met twee uitstaande teaterproduksies. Koos Kombuis en Valiant Swart snoer kragte saam by Emperors Palace se Theatre Marcellus in Kemptonpark, en ’n Countryvertoning is op die planke by Afriforumteater in Pretoria met WEST, Ernie Bates, Hugo Hewitt en Mag Young.

#Gesluit
Sluitingsdatum:
23/08/1970

Die RSG Radiodrama-skryfkompetisie is vanjaar 26 jaar oud. Dié jaarlikse kompetisie kan bestempel word as die oudste dramakompetisie in Suid-Afrika wat Afrikaanse radiodrama bevorder en bekroon. Die kompetisie het oor dekades die Afrikaanse kunstebedryf gevoed, en werk geskep vir skrywers, akteurs en regisseurs.

#Gesluit
Sluitingsdatum:
23/08/1970

Van 25 April tot 6 Mei gee Lottoland elke weeksdag sakke vol geld weg! Skakel in op RSG en luister na Amore Bekker van 09:00 tot 12:00. Sy sal aan die begin van alhoebekker ‘n leidraad gee. Gaan loer dan op www.lottoland.co.za