Skip to content

Hoe klink R10 000 vir jou sake-onderneming?

Kompetisie

Hoe klink R10 000 vir jou sake-onderneming?

Indien jy ‘n besigheid bestuur, weet jy dat dit noodsaaklik is om tred te hou met die jongste tegnologie. Om te belê in ‘n digitale stelsel vereenvoudig onder meer finansiële take. Wolktegnologie integreer met ander toepassings. XERO het ‘n aanlyn toepassingswinkel met meer as 1 000 toepassings wat aan die XERO-rekeningkundige sagteware gekoppel kan word. Dink aan oplossings vir kontantvloei, die bestuur van voorraad, die samestelling van verslae tot menslike hulpbronne-hulpmiddels. Om meer uit te vind oor hoe XERO jou besigheid kan help, besoek die XERO-webwerf by https://www.xero.com/za/campaign/self-made/. Luister elke middag Spitstyd tot 18 Oktober om uit te vind hoe jy tot R10 000 kontant vir jou  klein sake-onderneming  kan wen. Bepalings en voorwaardes geld Wenners sal deur die adverteerder gekontak word, en binne 20 dae betaling ontvang. RSG aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige produk of diens wat geadverteer word nie.

-

Voriges

#Gesluit
Sluitingsdatum:
23/08/1970

RSG en Lefra Produksies bederf vaders hierdie Vadersdag met twee uitstaande teaterproduksies. Koos Kombuis en Valiant Swart snoer kragte saam by Emperors Palace se Theatre Marcellus in Kemptonpark, en ’n Countryvertoning is op die planke by Afriforumteater in Pretoria met WEST, Ernie Bates, Hugo Hewitt en Mag Young.

#Gesluit
Sluitingsdatum:
23/08/1970

Die RSG Radiodrama-skryfkompetisie is vanjaar 26 jaar oud. Dié jaarlikse kompetisie kan bestempel word as die oudste dramakompetisie in Suid-Afrika wat Afrikaanse radiodrama bevorder en bekroon. Die kompetisie het oor dekades die Afrikaanse kunstebedryf gevoed, en werk geskep vir skrywers, akteurs en regisseurs.

#Gesluit
Sluitingsdatum:
23/08/1970

Van 25 April tot 6 Mei gee Lottoland elke weeksdag sakke vol geld weg! Skakel in op RSG en luister na Amore Bekker van 09:00 tot 12:00. Sy sal aan die begin van alhoebekker ‘n leidraad gee. Gaan loer dan op www.lottoland.co.za 

#Gesluit
Sluitingsdatum:
23/08/1970

Kan jy doen met ‘n KIA Picanto en R5 000? Skenk so min as R30 aan die RSG-Beeld-Kinderfondsprojek en jy staan ‘n kans om ‘n KIA Picanto ter waarde van R216 900 te wen! As jy jou bydrae voor 31 Julie maak, kan jy boonop ook R5 000 wen. Die wenner van die R5 000 sal op Dinsdag 1 Augustus in Spitstyd aangekondig word.