Kompetisie


Beeld-Kinderfonds maak 'n verskil in die lewe van kinders
Kan jy doen met ‘n KIA Picanto en R5 000? Skenk so min as R30 aan die RSG-Beeld-Kinderfondsprojek en jy staan ‘n kans om ‘n KIA Picanto ter waarde van R216 900 te wen! As jy jou bydrae voor 31 Julie maak, kan jy boonop ook R5 000 wen. Die wenner van die R5 000 sal op Dinsdag 1 Augustus in Spitstyd aangekondig word.
Jou bydrae aan die RSG-Beeld-Kinderfondsprojek help om behoeftige kinders te bemagtig deur ontwikkelingsprogramme. Dis maklik om ‘n bydrae te maak:
- SMS KINDERS na 41511 teen R30 per SMS
- Betaal jou bydrae in by Beeld-Kinderfonds se tjekrekening - ABSA-tjekrekening #2840157329. Verwysing: jou selfoonnommer, naam en van
Elke inskrywing kos R30, maar as jy R100-bydrae maak, kry jy 4 inskrywings - jy kry dus 'n gratis inskrywing.
Volledige besonderhede is beskikbaar by www.beeldkinderfonds.co.za en op Beeld-Kinderfonds se Facebookblad: https://www.facebook.com/Beeld-Kinderfonds-286782468069605/
Die projek sluit op 5 November. Die wenner van die motor word per elektroniese trekking aangewys op 13 November. Die wenner sal gekontak en op RSG aangekondig word.
-
Voriges
Sluitingsdatum:
RSG en Lefra Produksies bederf vaders hierdie Vadersdag met twee uitstaande teaterproduksies. Koos Kombuis en Valiant Swart snoer kragte saam by Emperors Palace se Theatre Marcellus in Kemptonpark, en ’n Countryvertoning is op die planke by Afriforumteater in Pretoria met WEST, Ernie Bates, Hugo Hewitt en Mag Young.
Sluitingsdatum:
Die RSG Radiodrama-skryfkompetisie is vanjaar 26 jaar oud. Dié jaarlikse kompetisie kan bestempel word as die oudste dramakompetisie in Suid-Afrika wat Afrikaanse radiodrama bevorder en bekroon. Die kompetisie het oor dekades die Afrikaanse kunstebedryf gevoed, en werk geskep vir skrywers, akteurs en regisseurs.