Blaine Jones praat oor kuberveiligheid.
SA se beste beskuitbakker
In die kollig 2 – 14 November 2024
Herkodering van Eskom-elektrisiteitsmeters
Historiese Almanak 14 November 2024
Sakenuus 14 November 2024
Gewilde musiekblyspel eersdaags op planke
Die musiekblyspel, My Fair Lady, is een van die gewildste blyspele van alle tye, sedert dit die eerste keer in die jare 50 op Broadway gedebuteer het. Dit speel af in 1912 in Londen, buite Covent Garden. Dis gebaseer op die verhoogstuk, Pygmalion, wat reeds in 1913 die eerste keer opgevoer is. Nou het Suid-Afrikaners die geleentheid om ‘n uitsonderlike weergawe van My Fair Lady te beleef – eers in Kaapstad van 12 Desmeber af en daarna in Johannesburg. Craig Urbani is in die rol van Henry Higgins te sien, saam met Brittany Smith en Leah Mari, wat om die beurt die rol van Eliza Doolittle sal vertolk. Craig sluit by ons aan.
In die kollig 1 – 14 November 2024
Trump kies rolspelers in sy administrasie
Die aangewese 47ste president van Amerika, Donald Trump, het die name van persone in sekere invloedryke sleuteposisies in sy administrasie aangekondig. Midde die onsekerheid oor geopolitiek, word hierdie aanstellings, net soos in die res van die wêreld, in Suid-Afrika druk bespreek. Ons praat hieroor met professor Theo Venter van die Universiteit van Johannesburg.