In die kollig 2 – 15 November 2024

Mej. SA onttrek aan Mej. Heelal-kompetisie. Die Suid-Afrikaanse reeks, Wyfie, is genomineer vir ‘n Rose d’Or-toekenning, en gaan meeding teen die sewemalige BAFTA-wenner, EastEnders, en die agtmalige BAFTA-genomineerde, Hollyoaks, vir Beste Sepie. Die Rose D’Or-toekennings word op 2 Desember by King’s Place in Londen gehou. Daar was vanjaar meer as 700 inskrywings uit meer as 30 lande ontvang, met die finaliste wat deur ‘n jurie van meer as 100 uitsaaibestuurders en vervaardigers van regoor die internasionale televisiebedryf gekies is.

Suid-Afrika en die atoombom – Deel 9

Ons kyk in hierdie reeks na Suid-Afrika se geskiedenis met kernenergie, veral die ontwikkeling van ‘n atoombom. Verlede week het ons gepraat oor die Springbok-atleet wat bomme by die Koeberg-kragsentrale geplant het. Ons dit die gesprek voort met professor Jo-Ansie van Wyk, ‘n politieke wetenskaplike verbonde aan Unisa en ‘n voorste kenner van kernenergie en atoombom-ontwikkeling. Sy vertel van die Kentron-sirkelfasiliteit.

In die kollig 1 – 15 November 2024

Die Suid-Afrikaanse reeks, Wyfie, is genomineer vir ‘n Rose d’Or-toekenning, en gaan meeding teen die sewemalige BAFTA-wenner, EastEnders, en die agtmalige BAFTA-genomineerde, Hollyoaks, vir Beste Sepie. Die Rose D’Or-toekennings word op 2 Desember by King’s Place in Londen gehou. Daar was vanjaar meer as 700 inskrywings uit meer as 30 lande ontvang, met die finaliste wat deur ‘n jurie van meer as 100 uitsaaibestuurders en vervaardigers van regoor die internasionale televisiebedryf gekies is.

Val van Berlynse muur: Invloed op SA

Ons het vroeër vandeesweek geluister na ‘n BBC-verslag oor die val van die Berlynse muur, 35 jaar gelede. Met die val van die muur het die wêreld vir die soveelste keer verander. Wat was die invloed van die gebeure in 1989 op Suid-Afrika? Ons praat hieroor met die politieke redakteur van Netwerk24, Gert van der Westhuizen.