Ná ‘n reis van drie maande deur Europa, en optredes in Nederland, is sanger Luna Paige terug in Suid-Afrika om in ‘n intieme omgewing met haar aanhangers te skakel. Sy gesels oor haar landswye toer, haar ervarings oorsee, en haar nuwe musiek.
Gaan 600 000 bome uitgeroei word ter wille van ontwikkeling?
‘n Aansoek om meer as 400 000 hardekoolbome, 100 000 witgatbome, 120 000 maroelabome en 10 000 kremetarte uit te roei, is by die departement omgewingsake ingedien. ‘n Permit om 9 000 bome uit te kap, is oënskynlik reeds toegestaan. Hierdie bome moet verwyder word om ruimte te skep vir die Musina-Makhado spesiale ekonomiese sone in Limpopo. Die ontwikkeling word gedryf deur Chinese maatskappye en die Limpopo provinsiale regering. Ons praat hieroor met die omgewingsjoeranlis, Elise Tempelhoff.
Wat jy vandag moet weet 20 November 2024
Tegnologie met Blaine 19 November 2024
In die kollig 2 – 19 November 2024
Land en Sand: Mathews Phosa
Die eerste premier van Mpumalanga, Mathews Phosa, het sedert die aanbreek van demokrasie vyf staatspresidente sien kom en tot dusver vier sien gaan. Hy was intsrumenteel om Jacob Zuma tot leier van die ANC verkies te kry, maar het hom ook aanbeveel om te bedank, skryf hy is sy memoir, Witness to Power, wat pas verskyn het. Phosa, voormalige tessourier-generaal van die ANC, se ontsettende liefde vir Afrikaans is bekend, veral na sy debuut digbundel, Deur die oog van ’n naald, in 1996 verskyn het. Hy het land en sand in sy kantoor in Bryanston met Pieter Steyn gesels oor sy dae in ballingskap in Mosambiek, die ANC se doodskoot in 2007, en die Guptas. Hy vertel ook roerend oor sy vrou, en die dood van sy oudste dogter.
Historiese Almanak 19 November 2024
Sakenuus 19 November 2024
Geloofwaardigheid van die media ná Amerika stem
Ná die afgelope verkiesing in Amerika is daar baie mense wat aanvoer dat die grootste verloorder nie die Demokrate of Kamala Harris is nie, maar die media. Enkele koerante soos die Washington Post en USA Today het besluit om nie vanjaar ‘n kandidaat te onderskryf nie. In ‘n 2022-opname deur die Syracuse-universiteit in New York, het 36% joernaliste aangedui hulle identifiseer met die Demokratiese Party en 3,4% met die Republikeine. In Suid-Afrika is daar sowat 1 miljoen nuusverbruikers wat nie meer vir nuus wil betaal nie. Vertroue in nuusmedia in Suid-Afrika bly stabiel op 57%. Ons praat hieroor met die mediakenner, professor Johannes Froneman.