Blaine Jones praat oor kontaklose bankdienste, en hoe veilig of onveilig dit is.
In die kollig 2 – 26 November 2024
Land en Sand: Tim du Plessis
Daar was baie groot stories, omstredenheid en baie vreugde in die oudkoerantredakteur, Tim du Plessis, se dekade-lange loopbaan. Tim is verede week met die Prestige-toekenning van die ATKV vereer vir sy reuse bydrae tot Afrikaans en Afrikaanse joernalistiek. Tim was onder meer redakteur van Rapport, Beeld, The Citizen en hoofredakteur van Afrikaanse koerante by Media24. Hy was ook kykNET se aktualiteitshoof. Hy het openhartig, land en sand met Pieter Steyn gesels oor sy plan om ‘n omroeper te word, Jaap Marais se swart budgie, Oppikoppi en Deon Maas se satanis-rubriek in Rapport.
Historiese Almanak 26 November 2024
Sakenuus 26 November 2024
Louis Liebenberg: Hoe ingewikkeld is die saak?
Derduisende beleggers, en minstens R4 miljard wat weg is. Die borgtogaansoek van die diamantsmous, Louis Liebenberg, en sy medebeskuldigdes is nou al weke aan die gang. Liebenberg het gister sy getuienis begin, nadat hy sy regspan in die pad gesteek het, en self sy verdediging waarneem. Daar was dramatiese tonele terwyl die borgaansoeke onderweg was, met Liebenberg wat op die landdros geskree het dat God hom sal oordeel, Liebenberg wat kliphard in die aanhoudingselle sing en voortdurend MK-party strydkrete in die hof bulder. Ons praat hieroor met adv. Francois Botes, wat voorheen insae in van Liebenberg se sake gehad het.
In die kollig 1 – 26 November 2024
Waarom word RNE-model nie in munisipaliteite toegepas?
Die reaksie op die Regering van Nasionale Eenheid blyk plaaslik en internasionaal steeds die goedkeuring weg te dra, ondanks ideologiese verskille tussen partye. Op plaaslike regeringsvlak, wil dit egter voorkom of die model nie toegepas word nie. Die bakleiery tussen veral die DA en die VF Plus in die Wes-Kaap, is ‘n voorbeeld. Die Wes-Kaapse hooggeregshof het onlangs bevind die verkiesing van die VF Plus se burgemeesterskandidaat in die Theewaterskloof-munisipaliteit was onwettig. Ons praat hieroor met dr. Corné Mulder, Wes-Kaapse leier van die VF Plus.