Skip to content

Blaine Jones

AANBIEDERS​

Blaine Jones

Blaine is oorspronklik van Bloemfontein, maar woon tans in Johannesburg. Hy het aan die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit studeer, en 'n graad in kommunikasie behaal. As ‘n derdejaarstudent het hy sy loopbaan as joernalis by OFM en die Bloemfontein Courant begin. Blaine is tans elke oggend deel van die Op-en-Wakker ontbytspan, en werk ook as 'n verslaggewer vir die SAUK. In sy vrye tyd geniet hy dit om tyd in die gimnasium deur te bring, aan nuwe projekte te werk, te reis en foto's te neem. Hy beskou homself as 'n amateurkitaarspeler en bly ook fiks deur rugby en sokker te speel. Blaine het grootgeword in Malmesbury in die Wes-Kaap, en sy doel is om in die volgende paar jaar sy merk in die bedryf te maak.

Deel nou

Â