Deel 3: Eloise Cupido gesels elke week met ‘n Suid-Afrikaner wat uitblink. Dr. Gillian Arendse is ‘n eksperimentele kernfisikus en motiveerder, wat daartoe verbind is om sy gawes en talente te gebruik om die lewe van elke persoon met wie hy interaksie het, te beïnvloed. Sy passie om mense beter te laat as wat hy hulle gevind het, word aangevuur deur ‘n behoefte om daagliks uitgedaag te word. Hy is tans in diens van die NRF-iThemba LABS as Bestuurder: Kommunikasie en Belanghebberbetrekkinge.