Die jongste peiling van deur die Instituut vir Rasseverhoudinge, die IRV, wat in Maart en vroeër vandeesmaand gedoen is, toon verrassende inligting, onder meer dat die DA in daardie tydperk wat die peiling gedoen is, gewilder as die ANC is.
Die peiling het saamgeval met die uitval tussen die DA en die ANC oor die begroting en die verhoging in BTW. Ons gesels hieroor met Hermann Pretorius van die IRV.