Skip to content

AANBIEDERS

Alphabet Filter

Jóhann is reeds meer as 15 jaar in die mediabedryf, waar hy verskeie rolle as sport- en nuusjoernalis, kommunikasiespesialis, mediabeampte en sportkommentator vervul het.

Eloise is ‘n veeltalige (Afrikaans, Engels, Frans en Duits), veelsydige aktrise, TV-aanbieder, sanger,  skrywer, MC en stemkunstenaar.

Anita het in September 1997 by RSG aangesluit. Sy is lid van Monitor, Spektrum en Naweekaktueel se produksiespan.

Martelize Brink is die aanbieder van driesestig op RSG. Sy het die program Oggend op RSG vir meer as ‘n dekade aangebied, waarvoor sy 11 ATKV-Mediaveertjies vir Beste Leefstylprogram en onderhoudvoerder gewen het.

Lizelle is ‘n ervare radioregisseur en -omroeper, en direkteur van Wordwise Media, wat bekend is vir die konseptualisering en maak van korporatiewe video- en opleidingsmateriaal.

Deon is sedert sy universiteitsdae nou betrokke by alle fasette van sport, van speler tot administrateur. Hy het hom altyd verwonder aan die eertydse sportkommentators.

Nic de Jager is op Somerset-Wes gebore, het op Stellenbosch grootgeword en by Tukkies geswot. Hy was ’n omroeper/regisseur by die destyde Afrikaanse Diens van die SAUK van 1966 tot 1974. Hy woon tans op Somerset-Wes, en maak dokumentêre programme en musiekprogramme. Hy is ook ’n beroepsfotograaf.

Ina is ‘n selferkende onrehabiliteerbare bibliofiel, en hartstogtelik oor Afrikaans. Sy is die aanbieder van Taaldinge op ‘n Sondagoggend.

0
Would love your thoughts, please comment.x
()
x