By die pas afgelope beraad van die Afrika Unie, was die oorlog in die Demokratiese Republiek die Kongo hoog op die agenda, al was die president van die DRK, Felix Tshisekedi, en die Rwandese president, Paul Kagame, nie by die beraad nie. M23-rebelle, gesteun deur Rwanda, het benewens die stad, Goma, ook nou die tweede grootste stad in die ooste van die DRK, Bukavu, beset. Ons praat hieroor met professor Abel Esterhuyse van die Fakulteit Krygkunde aan die Universiteit Stellenbosch.