RSG NOU


Vier Wêreldradiodag 2024 saam met RSG!
2024-02-12
Op Dinsdag 13 Februarie word Wêreldradiodag regoor die wêreld gevier.
Navorsers reken dat radio se toeganklikheid en die feit dat dit draagbaar is, dit steeds een van die gewildste media maak. Inderwaarheid het altesame 71% van alle volwassenes in Suid-Afrika het binne ’n tydperk van vier weke na die radio geluister, volgens ’n peiling deur die Broadcast Research Council (BRC) in Suid-Afrika.
RSG se luisteraars kan op 13 Februarie ’n dag vol pitkos verwag:
- Die omroepers gaan onder andere vertel hoekom hulle radio verkies en geniet.
- En die ontbytprogram Op en Wakker gaan ’n reeks oor die radiolandskap in Suid-Afrika uitsaai wat ook die verskillende tipe radiostasie sal belig.
- In Kompas gaan jongmense gesels oor hul voorliefde vir radio.