Die Amerikaanse Minister van Buitelandse sake, Marco Rubio, het aangekondig dat die staking van skenkings vir sekere lewensbelangrike projekte eers opgeskort sal word.
Intussen word tientalle navorsingsprojekte wat met MIV/Vigs verband hou, asook die verskaffing van antiretrovirale medisyne aan MIV-lyers in Suid-Afrika, bedreig. Amerika het verlede jaar miljarde rand aan hierdie programme in Suid-Afrika geskenk.
Een van hierdie navorsingsprojekte word gelei deur een van die wêreld se voorste navorsers om ‘n inenting teen MIV te ontwikkel, professor Glenda Gray. Deur die USAID-program sou die navorsingsprojek R860 miljoen ontvang het.