Is daar iets soos ʼn sekulêre Christen, en hoe verskil dit van ʼn tradisionele Christen? Jean Oosthuizen gesels met prof. Hansie Wolmarans, ʼn teoloog by die Community in Christ Church in Melville in Johannesburg, en ds. Liena Hoffmann, ‘n tentmakerleraar by die NG Kerk-Noord gemeente in Stellenbosch, oor sekulêre Christenskap.