Kersfees vertel die grootste storie ooit, dié van God wat mens geword het, die geboorte van Jesus Christus. Deur die jare het daar verskeie eietydse kersstories ontstaan wat op die een of ander manier met God se storie verbind word. Luister na van hierdie stories wat Flip Loots versamel het. Bekendes soos Carel Trichardt, Petru Wessels, Lieb Bester, Simon Bruinders en prof. Piet Meiring kan gehoor word.