Haidee Muller-Isaacs het kinders gevra hoe hulle Kersfees ervaar. Sy het ‘n draai gaan maak by ‘n kerspartytjie op Groendal, Franschhoek, waar ‘n kafee-eienaar besluit het om ‘n vroeë Kersfees spesiaal vir die behoeftige kinders te hou voor sy winkel. Dit was feestelik, die kinders het aan sakresies deelgeneem, geskenkies ontvang en weggelê aan die lekkernye. In weerwil van moeilike omstandighede sien die kinders steeds Kersfees as ‘n vreugdevolle tyd.