Luister na ‘n herhaling van een van die produksies wat tydens RSG Kunstefees 2015 groot aftrek gekry het: Die digters toor met woorde en borduur vrolik voort op verse van onder andere Boerneef en Barend J. Toerien. Hulle moet ook binne vyf minute ‘n bekende en klassieke Afrikaanse gedig nuwe lewe gee. Poësie was lanklaas soveel pret en plesier. Met Ilse Salzwedel en digters Diana Ferrus, Andries Bezuidenhout en Philip de Vos, en voorlesings deur Elize Cawood.